Gamtoos Ekspo

Meer oor die Gamtoos Sitrus Ekspo

25 & 26 Augustus | Patensie | Gamtoosvallei

Op bogenoemde datum bied die gemeenskap van die Gamtoosvallei die GAMTOOS SITRUS EKSPO aan, ten bate van Laerskool Gamtoosvallei!

Die GAMTOOS SITRUS EKSPO is geskep om die baie suksesvolle Sitrusfees, asook Gamtoos Ekspo, saam te laat smelt.

Ons nooi u om deel te neem en u bydrae te lewer tot die uitbouing van Laerskool Gamtoosvallei. U kan deelneem deur u produkte uit te stal, ‘n borgskap of albei. Ons beoog om elke borg of uitstaller maksimum blootstelling te gee.
Ons beplan om die ekspo ‘n volwaardige gesins uitstappie te maak, met trekker- en implementuitstallings en demonstrasies, ‘n damesprogram en hope vermaak vir die kinders.

Produkte so eg aan die Gamtoos sal te koop aangebied word.